Kurt Darren


Persoonlike lewe van ’n legende

Op 8 Januarie 2001 het Kurt Darren met Suid-Afrikaanse model Dunay Nortjé getrou. Hulle is ook trotse ouers van twee pragtige kinders.

In Julie 2013 was Kurt in ’n ernstige ongeluk wat sy lewe verander het. Hy was op pad terug van ’n rugbywedstryd toe hy beheer oor sy motor verloor het. Hy het elf bene gebreek en ernstige kop- en oogbeserings opgedoen. Na maande van behandeling was egter hy weer perdfris en gesond.

Kurt is ook n sakeman en akteur. Behalwe vir sy talle musiekvideo’s, is hy ook te sien in ’n paar Afrikaanse films, waaronder Liefling (2010), Susanna van Biljon (2010), The Race-ist (2010) en Ek lief jou in 2011.

Met altesame 23 solo-albums, talle toekennings, vertalings van sy liedjies in ander tale en toere regoor die wêreld is hy beslis een van die legendes in die Afrikaanse musiekbedryf. Hy bly standvastig in sy familie- en persoonlike lewe terwyl hy ’n roemryke reis in Suid Afrika beleef.