parallax background

Lied Vir Die Vrou: Album

20 Goue Treffers: Album
October 26, 2014
Seerower: Album
October 26, 2013

Lied Vir Die Vrou

Liefde is weer eens in die lug met hierdie album. Liefde is ’n deurlopende tema met snitte soos, ’n Man Het Ook ’n Hart, Hart Van Glas en Saggies Praat sal sorg dat jy en jou geliefde lekker saam kan luister en dans. Die album, soos vele ander, is ook benoem vir Beste Pop-album by die jaarlikse SAMA’s.

Dans Op Die Tafels is vir wanneer jy verkies om jou skoene uit te skop en te, wel dans op die tafels. Hierdie veertien snitte is perfek vir enige oomblik in jou lewe, of vir iemand spesiaal in jou lewe.