parallax background

Partytjiedier

Laat Die Dansvloer Brand: Album
December 7, 2016

Partytjiedier

KURT DARREN SE “PARTYTJIEDIER” – SOWAT ‘N DUISEND GRADE TE WARM VIR DIE GEMIDDELDE DANSVLOER!

Dis geen geheim dat Kurt Darren presiés weet wat om in ‘n partytjie-album in te meng sodat hy behóórlik skop nie. Met sy nuutste, witwarm vrystelling, “Partytjiedier”, wys weereens waarom sy musiek regoor Suid-Afrika elke partytjiedier wakker maak!

Hierdie blinknuwe album beslaan dertien snitte – elk met ‘n aansteeklike energie wat jou eenvoudig nie sal toelaat om vir ‘n oomblik stil te sit om asem te skep, óf ‘n slukkie iets te drink nie.

Die polsende baslyne en ritmes wat jou hele binneste – en die lyf wat daaraan vas is – roer, tesame met sterk tegnogeure, eteriese ondertone, slim verweef met solo- instrumente en selfs ‘n tikkie simfonie, sorg reeds vir iets met tonne partytjie-oemf. Kombineer dít met liriek, stem en seepgladde harmonie en jy kry iets wat ranglyse aan die brand gaan sing en dansvloere oraloor stampvol gaan hou!

“Klein Saterdag” maak dit sommer so met die intrapslag duidelik dat énige dag partytjiedag is en dat daar nooit ‘n verskoning goed genoeg is om jou dansskoene by die huis te los nie.

Hierdie tema word dwarsdeur die album - selfs in die ietwat meer getemde snitte soos “Gelukkigste man op aarde” en vinniger tempo, tong-in-die kies liedjies soos “Somerlyf” - verder gevoer, waar niks anders bestaan behalwe die een wat jou oog en hart gevang het, die musiek en die dansvloer nie.

Ander snitte soos “Heel aand lank”, “Tydbom”, “Oh my soul”, “Roekeloos”, “Halleluja soen” en “Laat die dansvloer brand” behoort vir enige iemand wat daarna luister te sê dat hierdie album sy titelsnit gestand doen: Die partytjiedier is los en NIEMAND maak hom stil!

So, bring maar ‘n matrassie saam partytjie toe, want hiér... gaan jy dans tot jy lê!

Die album is vanaf 11 OKTOBE 2019 beskikbaar!