parallax background

Super Sokkie Cruise

Laat Die Dansvloer Brand: Album
December 7, 2016

Super Sokkie Cruise

Skop uit jou skoene en kom geniet die heel beste Afrikaanse kunstenaars op die grootste drywende dansbaan in die Indiese Oseaan!

Met Kurt Darren, Manie Jackson, Lianie May, Gerhard Steyn, Ray Dylan en Die Campbells is jy gewaarborg van ’n onvergeetlike bootreis wat slegs die Super Sokkie PLUS Cruise kan aanbied.

Super Sokkie PLUS passasiers kry nie net toegang na al die Super Sokkie PLUS vertonings nie, maar ook geskenkpakkies ter waarde van R1200 wat die eksklusiewe 2019 Super Sokkie DVD asook geskenke van meer Gary Rom en Placecol insluit. Daar is ook hope pryse van Spur wat gedurende die bootvaart gewen kan word. Vertrek van Durban na die Portugese Eiland en Pomene in Mosambiek.

Maandagmiddag: “Sailing Away Party” met MSC, kom ontmoet al die Super Sokkie PLUS kunstenaars!

Maandagaand: Super Sokkie uur in die dansklub, kom sokkie op lekker Afrikaanse musiek. (22h00 tot 23h00).

Dinsdagaand: ’n Countrymusiek Skouspel uit die boonste rak.

Woensdagaand: Die Super Sokkie PLUS vertoning op die hoofdek! Partytjie tot na middernag terwyl jou gunstelinge in die Afrikaanse musiek bedryf hulle grootste treffers sing. Kom dans en sing saam met Loslappie, Jessica, Rooi Rok Bokkie, Baby Tjoklits, Jy Soen My Nie Meer Nie tot Die Hemel Weet en vele meer… (4 ure lange vertoning).

Donderdagmiddag: Eksklusief & Intiem. Toegang slegs vir Super Sokkie passasiers. Leer jou gunsteling kunstenaar beter ken met ‘n eksklusiewe musiek vertoning in die teater. Hierdie een kan jy nie misloop nie!

Wanneer jy bespreek maak seker jy kies die Sokkie PLUS skakel.